| BURGER (Kaap), Landbou Burger 26 Mar 2010 Page 8 |
|
Agri-toerisme onder die loep Agri-toerisme is vanjaar ‘n spesiale fokuspunt van die Agri Cape Week, die landbou-ekspo wat van 15 tot 17 April by die Hoer Landbouskool Boland in die Agter-Paarl plaasvind. Op ‘n konferensie oor agri-toerisme op Vrydag 16 April gaan agri-toerisme bekyk word as ‘n volhoubare en vindingryke inkomste vir enige landbou-onderneming. Hierdie vorm van toerisme het die potensiaal om ‘n volhoubare bykomende inkomste op die plaas te skep deur bestaande hulpbronne te benut. Indienjy oor interessanthede op iou plaas beskik, soos selfsorg-verblyf, voëlkyk, kampeergeriewe, 4x4- en staproetes en viertrek-motorfietse, behoort jy nie die konferensie oor agri-toerisme mis te loop nie. Dit geld ook bergfietsroetes, trekkerritte, omgewingstoere en naweek-wegbreekgeleenthede vir stadsmense. Produsente Die hoofspreker is mnr. Peter Myles, ‘n toerisme-spesialis met ‘n landbou-agtergrond. Myles het al verskeie seminare aangebied en vele toerismeverwante artikels in joernale en tydskrifte gepubliseer. Hy is een van die mm toerismespesialiste ii~ die land met praktiese ervaring in die ontwikkeling van agri-toerisme en het ‘n leidende rol gespeel in die ontwikkeling van die agri-toerismeroetes Gamtoosvallei, Sondagsriviervallei en ‘Black Eagle’. Navrae en besprekings vir die kongres Deur agri-toerisme Agri-toerisme Vanjaar sal Agri Cape Week ‘n spesiale tent beskikbaar stel vir ondernemings wat uitstallings oor agri-toerisme-aktiwiteite wil doen. Dit sal uitstallers die geleentheid bied om potensiële kliënte te identifiseer en besprekings te verhoog, handelsmerkbewustheid te vestig en te verbeter, werkers die geleentheid bied om ondervinding in ‘n uitstallersomgewing op te doen en waardevolle lesse oor klienteverhoudings te leer, en om te ervaar wat ander boerdery-ondernemings doen om voordeel te trek uit die geleenthede in agri-toerisme. Vir nader besonderhede oor die uitstalling oor agri-toerisme |
